April 2015

JUIG! April 2015
JUIG! April 2015
Jesus nooi ons: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Lees meer oor hierdie uitnodiging in die hoofartikel van JUIG! se Paas-uitgawe wat 23 Maart beskikbaar sal wees en gee jou swaar laste en probleme vir Hom. Skop skoene uit en lees hoe die Paralimpiese kampioen, Fanie van der Merwe, een van die moeilikste terugslae saam met Jesus oorkom het. Is die Christendom ʼn Westerse godsdiens? Vind uit wat die antwoord op hierdie vraag, en nege ander mites oor die Christendom, is. In die artikels, ‘Waarom vermoor kinders hulle ouers’, ‘Die Saamgestelde Gesin’ en ‘Dawid ʼn man na God se hart’ word gesinsverhoudings en ons verhouding met God ondersoek. Vind praktiese wenke en hulp om jou gesinsverhoudinge en verhouding met God te versterk. Gretha Wiid pak die bul by die horings in haar rubriek en spreek haar onomwonde oor die rolprent, ’50 shades of Grey’ uit. Vind uit waarom ons besorgd moet wees oor Iran se toenemende oorheersing in die Midde-Ooste, maar lees ook Stephan se uitstekende artikel, ‘ ʼn Bedreigde Godsdienstige spesie’, wat ons bemoedig om te midde van ʼn verlore wêreld as helder ligte te skyn en nie in vrees terug te deins nie! Angus Buchan se artikel, ‘Wees nugter, wees waaksaam’, is ʼn gepaste boodskap vir die uur, lees dit gerus saam met ‘ ʼn Profetiese Waarskuwing Van Die Heilige Gees’ wat ook interessante inligting oor die leringe van Bileam en die sewe gemeente van Openbaring bied en ons aanmoedig om standvastig te wees en ons doktrine suiwer te hou.
- 10 Historiese Mites In Die Wêreld Oor Die Christendom
- Iran Se Opkomende Ryk
- Indonesië ̶ Geopende Deure
- Die Kruis, Christus & ʼn Uitroep Van Vreugde ̶ FEBA
- Waarom Vermoor Kinders Hulle Ouers?
- Wees Nugter, Wees Waaksaam: Angus Buchan
- Kom Almal Wat Vermoeid Is
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Prediker
- Jy Word Dit Waarop Jy Fokus: Daniel Kolenda
- Dawid ʼn Man Na God Se Hart
- Een God, Een Volk
- Onthou Sy Goedheid En Guns
- ʼn Bedreigde Godsdienstige Spesie: Stephan Joubert
- ʼn Profetiese Waarskuwing Van Die Heilige Gees
- 50 Shades of Grey ̶ Of 1 Kleur Van Waarheid: Gretha Wiid
- Christenskap In Die Werksplek
- Die Silwerkroon-toekenning 2015
- Fanie Van Der Merwe – ʼn Geloof Wat Skitter!
- God Se Tyd Is Altyd Volmaak
- Moenie Bloot Oorlééf nie, Leef!
- Die Saamgestelde Gesin
- ICS International Christian Schools
- Ja! Kleuter Bybelstories
- Neem Die Evangelie Na Die Mense
- Tieners. Wees Wakker. Hier kom #imagine
- Tygerberg 104FM ̶ Jeug
- Op Die Man Af ̶ Harte Gaan Verander