JUIG! Desember 2017
JUIG! Desember 2017
Hierdie heerlike Kersuitgawe is ’n allegaartjie met iets vir elkeen. Gedurende hierdie seisoen is daar talle vrae oor Kersfees, Hanukka, die ontstaan van die Kerstradisies en of jy jou kinders oor Kersvader moet vertel, lees gerus ons artikels oor hierdie onderwerpe. Errol Naidoo bekyk die aanslag op Kersfees in die samelewing en dr. Elza Meyer roer die omstredenheid van Kersfees aan.
Lees gerus ook ons afdeling oor sending met Geopende Deure, FEBA, Die Sending aan die Melaatse en Harvesters Ministries en oorweeg dit om hulle ook met ’n skenking te seën vir Kersfees. Laat ons artikel oor fotografie jou help om julle vakansieherinneringe met goeie foto’s vas te vang en vir diegene met kinders – lees gerus die artikel oor kamp met kinders, dit sal jou toerus met goeie idees vir julle volgende kampvakansie.
Jy sal sommer ook baie idees kry vir goeie Kersgeskenke in hierdie uitgawe met baie van ons adverteerders wat hulle puik produkte bekendstel. Lekker lees en lekker rus!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Die Ware Betekenis Van Kersfees Is Liefde
- Kim Clement Se Profesie Oor Donald Trump
- Waarna Laat Jy Jou Kinders Toe Om Te Kyk?
- Herlewing Begin By Hoe Jy Brandstof Ingooi: Stephan Joubert
- Hy Bring My By Waters Waar Vrede Is: Corné Krige
- Die Aanslag Op Kersfees: Errol Naidoo
- Die Omstredenheid Van Kersfees: Elza Meyer
- Waarom Vier Ons Kersfees?
- Kerstradisies – Lê Die Oorsprong In Heidense Gebruike?
- Sinterklaas – Wat Moet Jy Jou Kinders Vertel?
- ’n Troeteldier As Kersgeskenk
- Al Wat Ek Vir Kersfees Wil Hê ...
- Hanukka – Moet ʼn Christen Dit Vier?
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Romeine (Deel 2)
- Pakistani Deel Evangelie In Moskee – FEBA
- Die Sending Aan Die Melaatse
- Die Oes Is Groot – Harvesters Ministries
- Boer Volgens God Se Beginsels En Verander Gemeenskappe – Geopende Deure
- Woorde Van Wysheid
- Wat Leer Die Woord Van Abba Vader Ons Oor Tydsbestuur? (Deel 2)
- Christenskap In Die Werkplek
- Evolusie: Wetenskap Of Geloof?
- Foto’s Wat Van Die Skepper Getuig – Joggie Van Staden
- Wenke Vir Kamp Met Kinders
- Maak Jou Kind van Kleins Af Reg Groot
- Die Skattejagbybel
- Ons Blydskap Moet Volkome Wees
- Vroue Van Geloof
- Wanneer Jou Man Ver Gaan Werk ...
- 5 Noodsaaklike Kommunikasievlakke Vir Jou Huwelik
- #VREESLOOS – Wie’s Bang?