JUIG! Desember 2016
In hierdie uitgawe is daar lekker artikels om te lees terwyl jy vakansie hou. Daar is Stephan Joubert se insiggewende artikel oor stereotipering en hoe om dit as Christen te vermy en te hanteer; Corné Krige moedig ons aan tyd saam met die Heilige Gees en in die Woord te bestee; en Arno van Niekerk spoor ons aan om instrumente van genesing te word.
Daar is ook kort inspirerende woorde te vind in ‘Woorde van wysheid’ en ‘Vroue van geloof’. En op ʼn ligter trant is daar ʼn artikel oor Afrikaanse sporthelde van die verlede. Vir pa’s en ma’s wat hande in die hare sit met verveelde kinders tuis het ons het ook ʼn artikel ingesluit met prettige, bekostigbare gesinsaktiwiteite vir die vakansie.
Lees hierdie artikels en nog vele meer in ons Desember-uitgawe wat jou sal bemoedig, inlig en inspireer. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kerstyd Is Gesinstyd: Elza Meyer
- Hoop In Jesus Op Die Frontlinie Van Vervolging ̶ Geopende Deure
- Ama En Die Verhaal Van Die Groot Boot: TWR
- So Systap Jy Stereotipes: Stephan Joubert
- ʼn Christus Gesentreerde Lewe
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Sagaria
- Wyse Manne Wil Hom Steeds Vind
- Die Kersfees-Wipplank
- Waarom Gedagtes Op Skrif?
- Woorde Van Wysheid
- Die Geheime Sleutel: Arno Van Niekerk
- Christenskap In die Werkplek
- Verkondig Jesus Aan Die Gebrokenes
- Afrikaanse Sport
- Gees Of Vlees: Corné Krige
- Hoe Om Jou Denke Te Vernuwe
- Vroue Van Geloof
- Inenting ̶ Maak ʼn Ingeligte Keuse
- Gesinsaktiwiteite Vir Die Vakansie
- Gospel Skouspel ̶ 10de Vertoning Verras