JUIG! November 2016
JUIG! November 2016
In hierdie uitgawe stel ons een van die volgende geslag se leiers aan ons lesers bekend. Teodor van der Spuy is die seun van ds. Dirkie van der Spuy en is van die begin van die jaar by Kerksondermure se jeug en jongmense betrokke as ʼn gemeenteleier. In die onderhoud praat hy oor die Kerk se grootste uitdaging ten opsigte van die jeug, en oor sy passie vir kleinsakeontwikkeling en armoedeverligting. Hy is voorwaar ʼn leier met ʼn positiewe uitkyk vir ons land.
Henry Jackson bespreek die talle teksverse wat na die ‘hart’ van die mens verwys en hoe dit op ons van toepassing is. Die hart is soos ’n skatkis. Dit wat jy daarbinne bêre, is wie jy word. As jy ernstig is oor jou geestelike lewe, is hierdie ʼn artikel wat jy nie moet misloop nie.
Lees hierdie artikels en nog vele meer in ons Desember-uitgawe wat jou sal bemoedig, inlig en inspireer.Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Die Bedreiging Van Seksuele Regte: Errol Naidoo
- God Se Geregtigheid
- Rusland: FEBA Se Werk Skielik Moeiliker!
- Staan Sterk Te Midde Van Die Storm - Geopende Deure
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Haggai
- Aan Tafel Saam Met Die Meester: Gerald Ferreira
- Die Toestand Van Jou Hart
- Teodor Van Der Spuy - Inspireer Ons Jeug
- Woorde Van Wysheid
- Dit Is Altyd Te Gou Om Tou Op Te Gooi
- Christenskap In die Werkplek
- Die Goeie Nuus Kersboomprojek
- Oorkom Hoë Bloeddruk
- Kankervry!