JUIG! November 2013
Die afgelope paar maande se aanvalle op Christene in Egipte en Pakistan is ʼn voorbeeld van die aanslag op die Christelike geloof wat al hoe meer fel word. Lees Geopende Deure se artikel In die November-uitgawe van JUIG!, wat 14 Oktober op die winkelrakke beskikbaar sal wees, om doeltreffend vir die Christene in Egipte te kan bid. Te midde van die verdrukking, groei die Kerk van Christus groei egter en kom talle Moslems in die Midde-Ooste tot bekering. Lees oor die herlewing onder vlugtelinge in ‘Verlossing vir Sirië se vlugtelinge’. Daar is ook ʼn insiggewende artikel oor lyfstraf en dissiplinering van kinders, na aanleiding van die saak wat onlangs teen ʼn kerk by die Menseregte Kommissie van Suid-Afrika aanhangig gemaak is. In ons gereelde geskiedenisartikel word Emily Hobhouse behandel en ons sit ons Bybel in ʼn neutedopreeks voort met die boek van Josua. JUIG! is in hierdie uitgawe vol praktiese raad en insig vir diegene wat na Bybelse antwoorde op moderne kwessies soek.
- 10 Seëninge Om Oor Jou Kinders Uit Te Spreek
- Egipte Se Christene ̶ Geopende Deure
- Verlossing En Hoop Vir Sirië Se Vlugtelinge
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Josua
- Inklusiwiteit
- Die Sewende Gebod: Jy Mag Nie Egbreuk Pleeg Nie
- Is die Kerk Onverdraagsaam: Bennie Mostert
- Wat Jy In Jou Hart Bedink
- Goeie Kommunikasie Verg Naasteliefde: Piet Strauss
- Vind Betekenis Vir Jou Lewe
- Gretha Wiid ̶ Hart Vir God En Gesinne
- Wie Die Roede Spaar, Bederf Die Kind
- Lof Met Louis ̶ Nardusolie-Aanbidding
- ʼn Gawe Van Lewe
- Boekerubriek
- 7 Stappe Vir Self-Uitgewery
- Die Geringste Onder Ons
- Hoop Vir Suid-Afrika: Dirkie Van Der Spuy
- Lydenburg ̶ Laeveldse Erfenis
- Emily Hobhouse ̶ Die Geloof Van ʼn Vrou
- Vurige Harte: Angus Buchan