JUIG! Desember-uitgawe
In hierdie spesiale Kers-uitgawe van JUIG! ondersoek ons die hart van ware vreugde en vrede. Ontdek die dieper betekenis van Kersfees en hoe Jesus, die Vredevors ons harte kan vervul met vrede te midde van al die woelinge. Met Geloftedag in gedagte lees die interessante artikel, “Bloedrivier: Militêre Oorwinning of Goddelike Ingryping?” Het jy al gewonder hoe Adam al die diere in een dag name kon gee? Ontdek die antwoord op hierdie vraag in hierdie uitgawe. In die artikel “Onthulling: Tekens van die Eindtyd” beskou ons die eindtydtekens aan die hand van Bybelprofesieë. Ontdek die wyse waarop hierdie tydperk ons lewens beïnvloed en hoe ons gereed kan wees vir die koms van die Koning. Die eindtyd is hier – maak gereed! Hou ook jou Bybelkennis skerp met die gereelde artikels: “Het jy geweet?”, “Die gelykenisse van Jesus” en "Karakters van die Bybel" of geniet ons “Blokraai”, “Soek die Woord” en “Inkleurpret”.
Laat ons jou hierdie Kersfees vergesel met inhoud wat die gees voed. Ware verhale, ware lewe, ware Kersvreugde – koop vandag nog die nuutste uitgawe! Lekker lees!
– Kersfees, Die Geskenk Van Vrede
– Nuus
– Leer Dié Lesse By Die Springbokke
– Bloedrivier: Militêre Oorwinning Of Wonderwerk?
– Onthulling: Tekens Van Die Eindtyd
– Die Tabernakel
– Die Gebedskamer
– Wanneer ‘Verlore Seuns’ Huis Toe Kom
– Hoe Kon Adam Al Die Diere In Een Dag Name Gee?
– Drie Maniere Waarop Tegnologie Jou Ouerskap Ondermyn
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Die Wyse Manne
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Werkers In Die Wingerd
– Ware Christen-Harte
– Word Die Hande En Voete Van Seën In Israel
– Geloof In Die Spervuur – FEBA
– 50 veldtogte om 50 Jaar Te Vier! – CfaN
– Dankie, Here, Vir U Lewensbehoudende Moenie: Maretha Maartens
– Kraaie In Diens Van God: Rudi Briel
– Die Wildsbok: Ilse Kleyn
– Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
– Hantering Van Teenstrydige Perspektiewe: Caroline Leaf
– Hoe Maak Ek ’n Ommekeer? Mario Denton
– Redakteursbrief
– Briewe
– Blokraai
– Bybelvasvra
– Soek Die Woord
– Inkleurpret
– Vra Jou Vrae
– Ek Weet Dit Was U, Here
– Wie’s In Die Nuus?