November 2012

November 2012
Het die gebeure wat tydens die lente van 2011 in Arabiese lande plaasgevind het, werklik in ‘n somer uitgeloop, of het dit bitter gevolge vir die mense aldaar gehad? Die Afrikaner moes oor die afgelope paar jaar reuse omwentelinge meemaak, hoe het dit hom as mens geaffekteer? Watter soort opvoeding en denkpatroon vul jou gedagtes en hoe weet jy wat God se Wil in jou lewe is? Dit, en nog baie meer, te lees in die nuutste uitgawe van JUIG! wat die winkelrakke op 8 Oktober soos ‘n storm gaan tref.
- Benice & Sias – Bedien Biddend en Passievol
- Wat Sê Die Bybel Regtig?
- Die Arabiese Lente – Eintlik ‘n Bitter Winter
- Om Te Leef Waar Dit Die Meeste Kos
- Sit Jou Trots In Jou Sak
- Jakob Se Put
- Evangelisering Van Christene
- Die Kerk Van Die Eindtyd
- Satan Se Werk In Die Ongelowige
- Die Timoteus-generasie: Belê In Hulle
- Vaderloosheid – Die Wêreld Se Grootste Probleem
- Wat ‘n Vriend Het Ons In Jesus!
- Lof Met Louis: Die Gevaarlikste Werk In Die Wêreld
- Gerhard Steyn Sing Met Nuwe Krag
- Gwendoline Jubel En Dans Vir Jesus
- Jasmyn – Passie Maak Die Verskil!
- Hoe Om Jou Huwelik Te Red
- Wat Sê Die Bybel Oor: Egskeiding & Hertroue
- Die Bruid…Hou Haar Lampie Vol!
- Wanneer Die Seisoen Verander
- Om Jou Verlede Te Verloor
- Die Wondergeskenk
- Die Rob – Leeu Van Die See
- God Se Wil: Piet Strauss
- God En My Gesin Is Meer As Prioriteite: Bennie Mostert
- Geloof Het Voete: Angus Buchan
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck
- Die Namib
- Druk Die Druk Terug: Cas Becker
Kry joune vandag nog by Pick'nPay, Checkers, CUM, uitgesoekte Woolworths- en Spar-winkels, en ook ander Christelike boekwinkels voordat dit uitverkoop is.