Hierdie heerlike Kersuitgawe is ’n allegaartjie met iets vir elkeen. Nie net is dit ons spesiale 100ste uitgawe nie maar het ons ook die baie spesiale voorbladartikel, “Betlehemster” wat deur prof. David Block geskryf is en na die wonder van Betlehemster kyk vanuit ’n sterrekundige se oogpunt. Ons volg dit op met die artikel, “Wat Ek deur my teleskoop gesien het,” – prof. Block se getuienis van hoe hy as Jood tot bekering gekom het en Jesus as Sy Verlosser leer ken het.
Ds. Elza Meyer het ’n kragtige leringsartikel, Ons vier die Kind van Openbaring se eerste koms ...” wat oor Openbaring en die simboliese betekenis van die vrou, die kind en die draak handel.
Met Jesus, dié grootste geskenk aan ons, in gedagte, lees asseblief ook ons sendingafdeling en oorweeg dit om een of meer van hierdie bedienings met ’n skenking te seën vir Kersfees. Elke skenking sal by broers en susters uitkom wat in hierdie Kerstyd met heelwat minder as ons oor die weg moet kom en heel moontlik juis oor hierdie tydperk erge vervolging verduur.
Laat die getuienisse en opbouende artikels jou inspireer gedurende hierdie vakansie. Lekker lees en lekker rus!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- ‘Om van Jesus Te Weet’ ... ’n Seuntjie Se Troos In ’n Onseker Wêreld – Geopende Deure
- Vroue Van Geloof
- Blokkiesraaisel
- Soek Die Woord
- Ons Tel Die Dae Af Tot Kersfees: Karien Basson
- Die APA: Waar Rekenskap Van Die Hoop Belangrik is
- Moenie Relevansie Met Kompromie Verwar Nie: Stephan Joubert
- Christen-Gesinne Wat Haweloos Is Weens Vervolging – Barnabas Fund
- Die Betlehemster
- Wat Ek Deur My Teleskoop Gesien Het
- Waarom Is Evolusie So ’n Groot Vraagstuk Vir Christene?
- Ons Vier Die Kind Van Openbaring Se Eerste Koms: Elza Meyer
- Maria, Sou Jy Dit Ooit Kon Droom?
- Karakters Van Die Bybel – Josef
- Skriftuurlike Studie Van Jesaja 6 (Deel 2)
- Stefanus, Die Eerste Christen-Martelaar
- Die Sleutel Om In Die Gees Te Wandel (Deel 3)
- Verkondig Die Evangelie Hierdie Kerstyd – CfaN
- Geslote Viëtnam Hoor Die Goeie Nuus – FEBA
- Christenskap In Die Werkplek
- Vra Jou Vrae
- Is Jou Testament In Orde?
- Van Nagskuiling Tot Menswaardigheid
- Die Verhaal Van Swartberg Country Manor
- Kgalagadi Oorgrenspark, Kampwenke
- Die GROOT Ontbyt, Dis Tyd …
- Om Weet Te Kan Sien
- Maak ’n #Rooiverskil