Desember 2013

JUIG! Desember 2013
JUIG! Desember 2013
Die jaar staan einde se kant toe en binnekort begin die Kersfeesseisoen met al die gepaardgaande einde-van-die-jaar funksies en dolle gejaag. Lees ons Kersartikels in JUIG! wat 18 November op die winkelrakke beskikbaar sal wees, om jou te help om Christus steeds die fokus van hierdie seisoen te hou. Bennie Mostert gee raad hoe om eensaamheid gedurende Kersfees te oorkom en Angus Buchan deel oor God se hart vir die gesin. Vind antwoorde op jou vrae of Kersbome en Kersvader iets is waarmee Christene hulle self mag ophou. Ons voorbladartikel handel oor die belang daarvan om kindertjies na Jesus te neem. Lees ook oor die Christene in Sentraal-Asië se belewenis van Kersfees. Kom vind meer uit oor die ontstaan van Afrikaans, asook die pad vorentoe in ‘n artikel met interessante brokkies inligting. In aansluiting hierby is daar ʼn inspirerende artikel oor generaal De La Rey, die Leeu van die Wes-Transvaal.
- Die ‘Firewall’-Projek
- Ons Geliefde Taal: Afrikaans
- Jesus Min My Salig Lot…
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Rigters
- Groei & Vooruitgang: Dirkie Van Der Spuy
- Kersfees
- Kersfees: Wat Dit Beteken Vir Vervolgde Christene ̶ Geopende Deure
- Oorkom Eensaamheid Gedurende Kersfees: Bennie Mostert
- Lof Met Louis ̶ Daar’s ʼn Nuwe Generasie
- Piet Smit ̶ Berading Met Sang
- Vlerke Vir Jesus! ̶ Arendsfees In Die Suid-Kaap
- Lewende Profesie
- “Hier Is Ek, Stuur my!”: Neal Van Den Berg
- Lichtenburg ̶ Dorp van Lig
- Generaal De La Rey ̶ Leeu Van Die Wes-Transvaal
- Die Huisgesin ̶ God Se Geskenk: Angus Buchan


November 2013

JUIG! November 2013
Die afgelope paar maande se aanvalle op Christene in Egipte en Pakistan is ʼn voorbeeld van die aanslag op die Christelike geloof wat al hoe meer fel word. Lees Geopende Deure se artikel In die November-uitgawe van JUIG!, wat 14 Oktober op die winkelrakke beskikbaar sal wees, om doeltreffend vir die Christene in Egipte te kan bid. Te midde van die verdrukking, groei die Kerk van Christus groei egter en kom talle Moslems in die Midde-Ooste tot bekering. Lees oor die herlewing onder vlugtelinge in ‘Verlossing vir Sirië se vlugtelinge’. Daar is ook ʼn insiggewende artikel oor lyfstraf en dissiplinering van kinders, na aanleiding van die saak wat onlangs teen ʼn kerk by die Menseregte Kommissie van Suid-Afrika aanhangig gemaak is. In ons gereelde geskiedenisartikel word Emily Hobhouse behandel en ons sit ons Bybel in ʼn neutedopreeks voort met die boek van Josua. JUIG! is in hierdie uitgawe vol praktiese raad en insig vir diegene wat na Bybelse antwoorde op moderne kwessies soek.
- 10 Seëninge Om Oor Jou Kinders Uit Te Spreek
- Egipte Se Christene ̶ Geopende Deure
- Verlossing En Hoop Vir Sirië Se Vlugtelinge
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Josua
- Inklusiwiteit
- Die Sewende Gebod: Jy Mag Nie Egbreuk Pleeg Nie
- Is die Kerk Onverdraagsaam: Bennie Mostert
- Wat Jy In Jou Hart Bedink
- Goeie Kommunikasie Verg Naasteliefde: Piet Strauss
- Vind Betekenis Vir Jou Lewe
- Gretha Wiid ̶ Hart Vir God En Gesinne
- Wie Die Roede Spaar, Bederf Die Kind
- Lof Met Louis ̶ Nardusolie-Aanbidding
- ʼn Gawe Van Lewe
- Boekerubriek
- 7 Stappe Vir Self-Uitgewery
- Die Geringste Onder Ons
- Hoop Vir Suid-Afrika: Dirkie Van Der Spuy
- Lydenburg ̶ Laeveldse Erfenis
- Emily Hobhouse ̶ Die Geloof Van ʼn Vrou
- Vurige Harte: Angus Buchan


Sept-Oct 2013

Sept-Oct 2013 JUIG!
JUIG! September/Oktober 2013
Wanneer ʼn mens die geestelike en morele klimaat van ons nasie beskou, moet ons, soos Nehemia, nie net bekommerd wees nie, maar tot aksie oorgaan. In die September/Oktober-uitgawe van JUIG!, wat 2 September op die winkelrakke beskikbaar sal wees, is daar ʼn hele paar artikels wat Christene aanspoor tot aksie. ‘Herbou die Mure’ verduidelik hoe ons te werk moet gaan om Suid-Afrika se mure te herbou en Angus Buchan moedig ons aan om stroomop te stem en nie willoos net die heersende strominge te volg nie. Inspirerende artikels soos “Die Evangelie in die Oekraïne”, “ʼn Daniël in die Parlement” en “Colombia” vertel wat alles vermag kan word wanneer kinders van God gewillig is om gehoorsaam te wees. Kom kuier heerlik saam met Hardus en Cheryl Zevenster van Radio Tygerberg wat op ons voorblad is en lees oor Hardus se noue ontkoming in ʼn stormagtige see; Cheryl se verhoorde gebed vir ʼn man wat Jesus meer liefhet as wat sy Hom het; en die visie vir GROOTfm 90.5 in Pretoria.

- Colombia ̶ Geopende Deure
- ʼn Daniël In Die Parlement
- Errol Naidoo - Herbou Die Mure
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Deuteronomium
- Die Evangelie In Die Oekraïne
- Die Sesde Gebod: Jy Mag Nie Moord Pleeg Nie
- Wie Is Die Wettige Eienaar?
- Hardus En Cheryl Zevenster ̶ ‘Radio’-Aktief Vir Jesus
- Die dissipline Van Stilte: Bennie Mostert
- Lof Met Louis ̶ Woorde Wat Kan Brandstig
- Dié Alternatief Ná Matriek
- Troos Vir Die Treurende ̶ Hoe Hanteer Jy Die Verlies Van ʼn Kind?
- ʼn Toekoms Vol Hoop ̶ Ingrid Burger
- Huiswerk: Kinderspeletjies Of Trane En Frustrasie?
- Krugersdorp
- Paul Kruger ̶ ʼn Ware Staatsman
- Swem Stroomop: Angus Buchan


Augustus 2013

JUIG! Augustus 2013
JUIG! Augustus 2013
In die Augustus-uitgawe van JUIG!, wat 22 Julie op die winkelrakke beskikbaar sal wees, skop ons af met die vraag of Christene lewensonderhoudende masjiene mag afsit. Dr. Elreza Mulder getuig van die krag van gebed tydens ʼn rooftog in die huis en ons volg dit op met ʼn artikel oor trauma en hoe Christene dit moet hanteer. In Lof met Louis raak Louis Brittz liries oor ʼn duisend manne wat saam God se lof uitdawer. Kom vind uit of daar hoop is vir gevalle helde, soos Lance Armstrong en Oscar Pistorius en lees in aansluiting daarby Bennie Mostert se artikel, ‘My ware identiteit’. Kom lees ook oor ons eie Suid-Afrikaanse held uit die geskiedenis, Danie Theron. Die gereelde reekse oor die boeke van die Bybel en die tien gebooie word voorgesit met die boek van Numeri en die Vyfde Gebod. Kry ʼn kykie hoe God deur die eeue uitvindings en tegnologiese ontwikkeling gebruik het om die Evangelie te versprei, in ‘Kubersending’. Ds. Dirkie van der Spuy lig ons in oor die groei van die Kerk in lande waar Christene vervolg word. Lesers kry geleentheid om te lees oor die sanger op ons voorblad, Ella Kritzinger ̶ hoe God ʼn doodgewone huisvrou kan roep en gebruik om genesing in ander vroue se lewens te weeg te bring en maak kennis met die gholfspeler, Jake Roos.
- Pitkos
- Die Groot Besluit ̶ Mag Ons Lewensondersteunende masjiene afsit?
- Sirië ̶ Geopende Deure
- is Daar Hoop Vir ʼn Gevalle Held?
- Bruce Wilkinson Loods ‘Teach Every Nation’ In Suid-Afrika
- Die Vyfde Gebod: Eer Jou Vader En Jou Moeder
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Numeri
- My Ware Identiteit: Bennie Mostert
- Kubersending ̶ God Se Volmaakte Tydsberekening
- Wat Laat Kerke Groei: Dirkie van der Spuy
- Ella Kritzinger ̶ God Se Horlosie, Nie Myne Nie
- Lof Met Louis ̶ As Die Manne So Sing
- Trauma ̶ Hoe Moet Christene Dit Benader?
- Oorval Deur Rowers
- Mans Julle Moet Julle Vroue Liefhê: Piet Strauss
- Tuisskoling ̶ ʼn Leefstylkeuse Wat ʼn Lewenswyse Word
- Jake Roos
- Bloemfontein
- Danie Theron ̶ Held Van Die Anglo-Boereoorlog
- Ware Nederigheid: Angus Buchan


Junie/Julie 2013

JUIG! Junie/Julie 2013
JUIG! Junie/Julie 2013
Buite-egtelike verhoudings is toenemend ʼn bydraende faktor tot egskeidings. In die Junie/Julie-uitgawe van JUIG!, wat 10 Junie op die winkelrakke beskikbaar sal wees, kan jy uitvind of versoening na ʼn buite-egtelike verhouding moontlik is. Versoening behels natuurlik vergifnis en in Greg Blair se artikel, ‘Vergewe Vanuit die Hart’ word die stappe van vergifnis bespreek. Daar word ook verder op die huwelik gefokus in ‘Herstel van die Huwelik’. Daar is praktiese raad vir die opstel van testamente, hoe om ʼn positiewe denke ten opsigte van werksverlies aan te kweek, en in pas met die viering van Vadersdag’, gesels Angus Buchan oor vaderskap. Die geskiedenis en konflik rondom Palestina word verduidelik en ons eie Afrikaanse Geskiedenis word in herinnering geroep met artikels oor die Voortrekkermonument en die ontstaan van Pretoria. Louis en Hettie Brittz gesels met ons oor hulle doelstelling vir 2013, en gee ons ʼn kykie in hulle verhouding met God en insig in Sy wonderlike verlossende genade.
- 15 Feite Oor Palestina
- Die Nuwe Aangesig Van Vervolging In China ̶ Geopende Deure
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Levitikus
- die Vierde Gebod: Eer Die Dag Van Die Here
- Louis Brittz: Luister Vir die Klankbaan Van Herlewing!
- Kry Jou Sake In Orde
- Om In Vrede Te Leef
- Die Bybel En Depressie
- Vergewe Vanuit Die Hart
- In ʼn Oorgangsproses ̶ Jacob’s Well
- Lof Met Louis ̶ Voordat Jy ʼn CD Maak
- Laat Jou Passie Brand Met Flam!
- Buite-egtelike Verhoudings: Is Versoening Moontlik?
- Herstel Van Die Huwelik
- Ek Gaan Jou Mis, Gladys
- Ek Verstaan God Nie: Bennie Mostert
- Pretoria: Andries Pretorius Se Erfenis
- Die Voortrekkermonument
- Vaderskap


Mei 2013

JUIG! Mei 2013
Ons vier vanjaar die 200ste herdenking van David Livingstone, ʼn merkwaardige Christen, se lewe. Hy was ʼn sendeling in murg en been en het God en die mensdom onverpoosd gedien. Ons word deur sy voorbeeld aangespoor om ook die Evangelie te verkondig, waar ons ons ook al mag bevind. In die April-uitgawe van JUIG!, wat 29 April op die winkelrakke beskikbaar sal wees, kan jy lees oor Livingstone se lewe; meer uitvind oor sendingopleiding in die artikel, ‘Amateurisme in sending’; vertel ʼn messiaanse Christen hoekom ons teenoor Jode moet getuig en getuig ʼn maatskappydirekteur hoe hy tydens drankies na werk ʼn getuie vir Jesus kon wees. Ander aktuele sake, soos die rol van mans in ons samelewing en die infiltrasie van universalisme en ‘New Age’ idees in die kerk word aangespreek.
- God Kan Jou Gebruik
- Opsoek Na Ware Mans
- Bybelse Gesinne: Angus Buchan
- Wat Het Van Die ‘New Age’ Geword?
- Integriteit En Eerlikheid: Dirkie van der Spuy
- Die Bybel In ʼn Neutedop
- Die Derde Gebod
- Soedannese Gevangene Getuienis
- Morné En Christelle Steyn: Leef Jesusgerig!
- ʼn Doring In Die Vlees: Bennie Mostert
- Hoop Vir Die Werklose ̶ Jacob’s Well
- David Livingstone ̶ Afrika Se Beste Vriend
- Amateurisme In Sending
- Droë Piet
- Louis Brittz: Lof Met Louis
- iVangeli Verander Die Lewe Van Kinders
- Helpende Hand Help Behoeftige Bejaardes
- Oorwinnaar In Christus ̶ Ilanza Reynolds
- Met Liefde Uit Jerusalem ̶ Birgitta Yavari-Ilan
- Rut: Sy Is Die Een ̶ ʼn Liefde Ongekend!
- Tweevoudige Teologie Van Die Verbond


April 2013

JUIG! April 2013
JUIG! April 2013
Die Opstanding van Christus word binnekort weer gevier. Ons Here het opgestaan, die graf is leeg! In die April-uitgawe van JUIG! wat 18 Maart op die winkelrakke beskikbaar sal wees, word die ware betekenis van Paasfees weer belig. Selfs al vereenselwig die ongeredde wêreld Paasfees met sjokoladehasies en paaseiers is dit steeds ʼn geleentheid vir ons om die ware rede vir die “vakansiedag” op ʼn liefdevolle wyse oor te dra. Dit gaan alles om Jesus! Hy moet verheerlik word, ook in ons verhoudings - in voorhuwelikse verhoudings, ouers se verhouding met hulle kinders asook diegene met wie ons probleme het.

- Oor Die Kruis, Paashaas, Paaseiers En Die Lewe
- Hoe Het Jesus Gelyk?
- Die Bybel In ʼn Neutedop
- Die Opstanding Van Christus
- Die Kruis
- Paastyd Is Nie Haastyd Nie
- Dit Gaan Alles Om Jesus
- Lesse Uit Die Sendingveld – Deel 2
- Die Woord As Basis Vir Jesus Se Kerk
- Die Uniekheid Van Bybelse Pastorale Berading
- Ek Hou Nie Van Jou Nie
- Die Tweede Gebod: Vals Gode
- Droom Weer, Lewe Weer
- Verhoudings Voor Die Huwelik
- Staan Christen-Ouers In God Se Pad?
- Stene Waarmee Ons Ander Ook Bou
- Om Ander Te Inspireer
- Nobunthu Matholeni: Van Huishulp Tot Akademikus
- Lof Met Louis: Nie Almal Hou Van Sing Nie
- Die Groot Trek
- Die Pad Na Pietermaritzburg
- Ons Benodig Die Krag: Angus Buchan


Maart 2013

JUIG! Maart 2013
JUIG! Maart 2013
Met regerings en kerkleiers wat al meer linksgesind word, is dit maklik vir Christene om deur verwarrende uitsprake mislei te word. Misleiding is ʼn realiteit en menige wonder of die Kerk koers verloor het. God se woord gee duidelike leiding en Sy Wet is steeds ons riglyn vir heiligmaking. Die Franse Hugenote is vir hulle geloofsoortuiging (gebaseer op God se woord) vervolg. Ons het ʼn ryke geskiedenis en voorbeeld van sulke voorouers wat standvastig in die geloof gelewe het. God het ons geroep tot ʼn lewe totaal aan Hom gewy. Soos Angus Buchan ons aanmoedig – laat ons lewende offers aan God wees! In die Maart-uitgawe van JUIG!, wat 11 Februarie op winkelrakke beskikbaar sal wees, word hierdie vraagstukke, sowel as ander aktuele sake, soos bv. ‘God, die argitek van lewe’, bespreek.

- Die Ou Paaie
- Korrupsie En Hebsug
- Het Die Kerk Koers Verloor? Ds. Dirkie van der Spuy
- Die Getuienis Van Die 12 Apostels
- Die Eerste Gebod
- Die Wet Van God & die Evangelie Van Jesus Christus
- Die Realiteit Van Misleiding: Bennie Mostert
- Die Argitek
- Die Franse Hugenote
- Die Hugenotekruis
- Lewende Offers: Angus Buchan
- Lesse Uit Die Sendingveld – Deel 1
- Carike Keuzenkamp: God en my gesin is my anker
- Liefde En Rose
- Emosionele Toerusting
- Louis Brittz: Lof Met Louis
- Die Hoop Beskaam Nie – Jacob’s Well
- School Of Fire
- Otto Helberg: Fietstog Deur Argentinië


Jan/Feb 2013

JUIG! Jan/Feb 2013
Hoe begin ons 2013 met die huidige situasie wat wêreldwyd, maar ook in ons land, heers? Wat is die Christen – ook in SA – se verantwoordelikheid wanneer dinge lyk asof dit hand uit ruk? Is die Wapenrusting waarvan Efesiërs 6 praat, hoegenaamd ‘n waarborg dat Christene teen gevare en onheil beskerm gaan word? Het gebed nog enigsins in moeilike omstandighede krag? In die nuutste JUIG!, wat op 31 Desember reeds op winkelrakke beskikbaar sal wees, word al hierdie aktuele sake, en nog baie meer, bespreek.
-Hoe Gebruik God Probleme
-Die Christen Se Reaksie Op Die VSA-Verkiesing
- Wat Sê Die Bybel Oor Stakings En Protes?
-Waar Vrede Heers
-Boere, trek Die Volle Wapenrusting Aan...
-Wolraad Woltemade
-Laat U Wil Geskied
-Andries Enslin : Kyk Net Na Hierdie Passievolle Bedienaar Van Die Woord
-Wanneer God Jou ‘Eenkant’ Sit
-Verenig Gelowiges Regoor Die Wêreld
-‘n Wolf In Ons Midde
-Geïnspireer Deur God Se Hande
-Kalkkoors
-Lof Met Louis: Kraakvars Aanbidding
-Die Krag Van Gebed
-Van Hooploos Na Vreugdevol
-Kommunikasie
-Verstommende Menslike Hare
-Windhoek – deel 2
-Hy Kom! – Is Jy Gereed?